Skip to Main Content

Humanities - LanCSAL ( Department of languages, Cultural Studies and Applied Linguistics): Hoe om tydskrifartikels te vind

Hoe om tydskrifartikels te vind

Hoe om 'n opstelonderwerp te benader:

1.    Identifiseer die trefwoord(e). 'n Onderwerp kan meer as een trefwoord bevat.

2.    Indien daar terme is om te definieer, bv. morfologie, plaasroman, metafoor ens., maak gebruik van naslaanwerke soos woordeboeke en ensiklopedieë.

3.    Na die definiëring van terme, kliek op  UJLink (Library Catalogue) op die biblioteek se webblad om boeke te vind. As 'n onderwerp te resent is, kan daar moontlik geen boeke wees nie. In hierdie geval sal u gebruik maak van bv. tydskrifartikels, koerantartikels ens.

4.   Die volgende stap is om tydskrifartikels op databasisse te soek. Kliek op die biblioteekwebblad, Library webpage , en  dan op Databases. 'n Lys van die databasisse waarop UJ inteken, sal verskyn. Geesteswetenskappe studente maak gebruik van multidissiplinêre - en vakgerigte databasisse, indien beskikbaar.

As 'n ingeskrewe student of personeellid, het u toegang tot die databasisse deur u UJ e-posadres of biblioteekpinnommer.

Indien u Afrikaans of Linguistiek bestudeer, kliek op  EbscoHost en kies die volgende databasisse:

Kliek op Continue en dan op Advanced Search.

 Soektegnieke

Indien u vir artikels op databassise soek, is daar sekere soekstrategieë wat u in staat stel om doeltreffend te soek.

Boolse logika /Boolean Operators:

Boolse logika bevat koppelwoorde waarmee u trefwoorde verbind. Hulle is  AND, OR en NOT.

Deur AND te gebruik, sal u meer spesifieke soekresultate kry. Bv. Afrikaans AND ontwikkeling. Beide terme sal in die dokument verskyn.

Om 'n soektog te verbreed word die koppelwoord OR gebruik. Wanneer daar alternatiewe terme/sinonieme is, sal een of beide van die trefwoorde voorkom, bv.

taalraad OR taalorganisasie. OR word ook gebruik vir afkortings, bv. FAK OR "Federasie van Afrikaanse Kultuur"

NOT word gebruik wanneer u iets wil uitsluit, bv. taalkunde NOT semantiek

Frasesoektog / Phrase Searching:

Wanneer u vir 'n frase soek is dit uiters belangrik om dit tussen aanhalingstekens te sit, bv. "hoër onderwys"  "Suid- Afrika"  "Afrikaanse letterkunde" . Indien u dit nie doen nie, is dit moontlik dat die databasis vir die  woorde individueel sal soek, en nie vir die frase nie.

Afkapping / Truncation: 

Hier word die stam van 'n woord gebruik, met 'n asterisk *, bv. dialek* . Die databasis soek nou vir dialek en enige vorm van die woord, bv. dialekte, dialektologie, asook dialekstudies.

Wildekaart / Wildcard:

Die wildekaart word grafies voorgestel deur 'n vraagteken ? en op sommige databasisse deur 'n hutsteken #. 'n Engelse voorbeeld hiervan is globali?ation waar die databasis nou vir 'n 's' en 'n 'z' gaan soek.

Hoe om 'n volteks artikel te soek indien u slegs die bibliografiese besonderhede het:

Kliek op  Journal Title of  Title of A-Z Journals op die UJ  library catalogue (UJLink). Tik die tydskriftitel in,  waarna u soek. Indien UJ inteken op die harde kopie, sal die raknommer verskyn. Indien UJ elektronies ingeteken is, sal 'n skakel op die katalogusrekord verskyn. 

Hoe om akademiese-, algemene- of koerantartikels te vind

Akademiese tydskrifartikels:

Hierdie artikels word geskryf deur navorsers en akademici. Die artikels word evalueer deur vakkundiges voor dit gepubliseer word, en dit word gebruik vir:

  • Akademiese navorsing
  • Vakspesifieke inligting

Voorbeeld: Tydskrif vir Letterkunde

Algemene tydskrifartikels:

Algemene tydskrifte bevat artikels wat vir die populêre mark bedoel is. Hulle is nie wetenskaplik of akademies nie. Daar is geen bronnelys of intertekstuele verwysings nie.

Voorbeeld: Huisgenoot

Koerantartikels:

Koerante bevat artikels oor huidige of algemene onderwerpe, bv. migrasie.

Voorbeelde: STAR, Beeld, Mail & Guardian, Sowetan ens.

Hoe om akademiese-, algemene- of koerantartikels te vind

Gebruik die databasisse op die biblioteek se webwerf om artikels te vind wat handel oor spesifieke onderwerpe. Die meeste databasisse waarop UJ inteken is internasionaal, behalwe vir SAePublications, Africa-Wide Information en SA Media.

 

Evaluering van inligting

Daar is verskeie maniere om inligting te evalueer. Kyk bv. na die outeur, tydskriftitel ens. 'n Goeie toets om te doen is die sg. Craaptoets:

C= Currency / Resentheid  

Hoe resent is die inligting?

Wanneer is dit gepubliseer?

Is dit opdateer?

R=Relevancy / Relevansie

Hoe relevant is die inligting vir die onderwerp?

Vir wie is die inligting bedoel? (Vir tersiêre onderrig of vir die algemene publiek)

Is die inligting elementêr of gevorderd?

A=Authority / Gesaghebbendheid

Wie is die outeur, wat is sy akademiese status, in watter tydskrif verskyn die artikel, ens.? 

A=Accuracy / Akkuraatheid

Is die inligting korrek en/of betroubaar?

Word die inligting ondersteun of gestaaf deur betroubare bronne?

Word die bronne deur die outeur aangehaal?                  

 P= Purpose / Doel

Vir watter doel is die inligting gepubliseer?

Is navorsing eers gedoen?

Is die inligting bedoel om in te lig, vermaak te verskaf, te oorreed of vir onderrigdoeleindes?

Inter-kampus en Interbiblioteeklenings

Interbiblioteeklenings

Interbiblioteeklenings bestaan uit 2 afdelings: Interkampuslenings en Interbiblioteeklenings.

Interkampuslenings is gratis beskikbaar aan studente en personeellede. Indien 'n bron net by een van die 5 kampusbiblioteke beskikbaar is, kan u dit aanvra. U sal in kennis gestel word wanneer die bron beskikbaar is om af te haal. 

Interbiblioteeklenings is slegs beskikbaar vir geregistreerde nagraadse studente en personeel. Enige bron nie beskikbaar by UJ nie, kan deur IBL aangevra word. Indien die bron in Suid-Afrika beskikbaar is, is dit gratis. Wanneer dit slegs in die buiteland beskikbaar is, sal die koste R75 beloop.


Kliek op bg. skakel om u aanvraag in te dien.

Kontakbesonderhede vir IBL: 011-559-2256/ 2686/ 2205