Woordeboeke:
Woordeboeke kan algemene-, tweetalige-, veeltalige-, of vakwoordeboeke wees.
Algemene woordeboeke:
Algemene woordeboeke bevat die korrekte definisies, verduidelikings of gebruike van algemeen gebruikte woorde. Vir Afrikaans gebruik WAT - Woordeboek van die Afrikaanse taal.
Twee- of veeltalige woordeboeke:
Hierdie woordeboeke bevat twee of meer tale. Bv. Afrikaans-Engels / English-Afrikaans of Afrikaans-English-isiZulu ens. Gebruik sulke woordeboeke vir tale wat nie jou moedertaal is nie. Dit sal jou woordeskat en kennis van ander tale uitbrei.
South African Multilingual Dictionary
Vakwoordeboeke:
Verduidelik vakterme en frases - ook bekend as 'subject jargon'. U benodig sulke woordeboeke om 'n vak te kan bemeester.
Jaarboeke is uiters belangrik om studente te help wat inligting benodig oor 'n spesifieke land of vergelykende inligting oor lande soek. Hulle bevat resente asook historiese inligting.
Die Europa World Yearbook reeks word beskou as een van die samevattendste bronne m.b.t. inligting oor lande, o.a. die geskiedenis van 'n land, statistiek oor handel, industrie, demografie ens. Alle inligting word jaarliks opdateer. Die nuutste weergawe is op die Reserwerak.
Suid-Afrika se amptelike jaarboek staan bekend as South Africa yearbook (ook elektronies beskiksbaar). 'n Ander uitstekende publikasie wat jaarlikse statistiek oor Suid-Afrika bevat is die South African Institute of Race Relations se South Africa Survey
Atlasse is of algemeen of vakspesifiek.
Algemene atlasse bestaan gewoonlik uit geografiese kaarte van die wêreld, lande, streke, stede of dorpe.
Vakgerigte atlasse bevat die geografiese verspreiding van bv. dialekte.
Ensiklopedieë
Algemene ensiklopedieë word gebruik om op te lees oor algemene onderwerpe, of om 'n breër kennis van 'n onderwerp op te doen, bv. die
Raadpleeg vakgerigte ensiklopedieë om 'n breër agtergrondskennis op te doen, wanneer u 'n nuwe onderwerp bestudeer, bv.
Encyclopedia of language & linguistics
Routledge encyclopedia of translation studies