Wat is plagiaat?
U pleeg plagiaat wanneer u iemand anders se idees, gepubliseer of nie, as u eie voorstel.
“ …. Where a student or researcher’s work is not authentically his/her own, such work does not qualify as an academic output, whether this is a student assignment or employee research, and will be viewed as plagiarism, which is defined as the appropriation of another's work, whether intentionally or unintentionally, without proper acknowledgement”. (Quote from unknown source.)
Die volgende is voorbeelde van plagiaat:
• Om iemand anders se werk as u eie in te handig
• Om iemand anders se woorde of idees te gebruik sonder om enige erkenning daarvoor te gee
• Om verkeerde inligting oor die bron van 'n aanhaling te gee
• Om woorde te verander, maar om die sinstruktuur van 'n bron te gebruik sonder om erkenning daarvoor te gee
Plagiaat is onwettig
• Dit is 'n kriminele oortreding
Indien 'n student skuldig bevind word aan plagiaat mag
• Hy/sy uit die universiteit geskors word
Volgens wet kan 'n boete of tronkstraf opgelê word
• Oneties want dit is intellektuele diefstal - die plagiaatpleger kan 'n onregverdige voordeel put uit diefstal
• Dit is in konflik met die UJ se akademiese integriteit
• Dit is oneerlik ('n vorm van diefstal)
• Dit minag die regte van die oorspronklike skrywer
• Dit skend die universiteit se reputasie, en verminder die waarde van alle kwalifikasies by UJ, insluitende u eie
• Dit skep 'n wantroue oor die eerlike werk van ander studente
Hoe om plagiaat te vermy
Om 'n bron aan te haal:
Om te parafraseer:
Wat om te doen:
Wat om nie te doen nie:
Moenie doelbewus plagiaat pleeg nie